Pret langs die hengelwaters? Nee, pret op die sypaadjie in Frikkie van Kraayenburgstraat, Hamilton. Met beurtkrag wat werk voortdurend onderbreek, het Lizelle Renison van Bloemfontein Forklift Woensdag (13/04) haar visstok gevat en gemaak asof sy babers uit die slaggate vol reënwater trek. Verby­gangers het dié pret geniet en haar gevra of sy al ’n “grote” inkatrol het. Foto: Charlotte Nowers

You need to be Logged In to leave a comment.