Dit is lank reeds bekend dat suiker nie goed is vir jou gesondheid is nie. As jy te veel suiker inkry, kan dit lei tot gewigstoename, oorgewig en ’n groter risiko van chroniese siektes soos die voorkoms van tipe 2-diabetes, hartsiektes en kwaadaardighede.
Suiker kan ook bydra tot tandbederf en hormonale wanbalans wat jou eetlus versteur.
Murray Hewlett, uitvoerende hoof van Affinity Health sê die geheim is matigheid.
“Nie alle suiker is sleg nie. Suiker van vrugte, groente en suiwel is nie so sleg soos suiker in geprosesseerde kos. Suiker in natuurlike produkte kom saam met belangrike voedingstowwe.”
Hy gee tien maklike maniere om jou inname van suiker te beperk.
1. Lees etikette
Die Amerikaanse Hartvereniging stel voor dat vroue hul inname van bygevoede suiker tot 25 gram (ses teelepels) per dag en mans hul inname tot nege teelepels beperk.
As ’n mens weet waarin suiker voorkom, kan dit jou help om beter besluite te neem.
Veral geprosesseerde kos bevat baie bygevoegde suiker wat soms onder verskeie name op etikette aangedui word. Dit sluit in terme soos hoë fruktose-koringstroop, rysstroop, agave-nektar en rietsuiker.
2. Vermy drankies met hoë suikerinhoud
Koeldranke soos vrugtesap, versoete koffie en tee asook gaskoeldrank bevat baie suiker. ’n Gemiddelde glas vrugtesap of gaskoeldrank bevat rofweg 30 g (agt teelepels) suiker. Water, onversoete tee of selfs sodawater met suurlemoen of lemmetjiesap is gesonder.
3. Kook self
Wanneer jy tuis kook, het jy volkome beheer oor die bestanddele en die hoeveelheid suiker. Drup ’n bietjie vrugtepuree oor vetvrye Griekse jogurt vir ’n gesonde nagereg. Maak puree van natuurlike soet vrugte soos mango. Gebruik speserye soos kaneel, gemmer en vanielje in plaas van suiker .
4. Eksperimenteer met natuurlike versoeters
Probeer versoeters soos heuning. Jy kan ook versoeters soos Stevia of Aspartaam – wat nie die suikervlakke in die bloed verhoog nie – oorweeg. Oormatige gebruik van kunsmatige versoeters kan lei tot spysverteringsprobleme.
5. Kies heel vrugte eerder as vrugtesap
Vrugtesap mag gesond lyk, maar bevat baie suiker. Vrugte wat baie vesel bevat, help die liggaam om die proses waarop die liggaam suiker absorbeer, stadiger te maak, waar vrugtesap suikervlakke in jou bloed die hoogte kan laat inskiet.
6. Wees op uitkyk vir laevet- of vetvrye produkte.
Laevet of vetvrye produkte bevat meer suiker om op te maak vir ’n gebrek aan smaak. Wanneer vet verwyder word, verander die smaak en tekstuur van smaak. Vervaardigers voeg dus meer suiker by om die smaak te verbeter.
7. Let op porsiegroottes
Selfs gesonde kos kan ’n hoë suikerinhoud hê en dit is maklik om te veel daarvan te eet. Leer om te skat hoeveel genoeg is. Verminder jou porsiegrootte deur ’n kleiner bord te gebruik, moenie nog ’n porsie neem nie en bêre oorskietkos in enkel-porsie-houers.
8. Moenie maaltye oorslaan nie
As jy ’n ete oorslaan, wend jy jou makliker na ongesonde peuselhappies.
9. Kry suikervrye alternatiewe
As jy jouself so af en toe wil bederf, kies lekkers en sjokolade wat suikervrye alternatiewe bied.
10. Slaap genoeg
Te min slaap kan jou laat smag na suikerryke kos omdat jou hormone in wanbalans is. Die “hongerhormoon” ghrelien verhoog wanneer jy te min slaap en laat jou honger voel terwyl die hormoon leptien wat jou versadig laat voel, verminder. Dit maak dat jy hunker na hoë-kalorie kos met ’n hoë suikerinhoud. Te min slaap kan daartoe lei dat jy lae energievlakke het en dit is dan makliker om na kos met hoë suikerinhoud te eet om vir jou ’n energie-hupstoot te gee.