Die magdom waarskuwings teen die besluit om jou kinders toe te laat om video- en rekenaarspeletjies te speel, kan oorweldigend wees.
Veral omdat die risiko’s ’n samevatting van ouers se grootste vrese is: verslawing, sosiale onttrekking en afsondering, die verlies van empatie en gevoelloosheid teenoor geweld en ’n afname in belangstelling in gesonde gewoontes soos om met speelgoed te speel, boeke te lees of om aan verskeie fisieke aktiwiteite deel te neem.
Volgens Rachelle Best, uitvoerende hoof en stigter van FYI play it safe, is dit ’n logiese reaksie tot dié vrese wat daartoe lei dat sommige ouers ’n totale verbod geplaas het op die speel van rekenaarspeletjies. Ander ouers laat dit toe, maar bly aanhoudend wonder of hulle die regte ding doen.
“Video- en rekenaarspeletjies bestaan al lank genoeg dat daar ’n aansienlike hoeveelheid navorsing bestaan oor die voordele daarvan en bewyse wat die mites oor die negatiewe impak op ons jeug hokslaan.”
Best sê ’n rekenaarintelligensie-aangedrewe moniteringstoepassing wat oor die wêreld heen deur families gebruik word om hulle kinders veiliger te hou, sê, soos met alles in die lewe, gaan die impak van rekenaarspeletjies oor balans en hoe jy dit gebruik.
Sy sê ouderdom gepaste rekenaarspeletjies kan ’n geleentheid bied vir kinders om sosiaal te verkeer eerder as om hulself te isoleer. Indien ouers vaste grondreëls instel rondom die veilige gebruik van rekenaarspeletjies, kan hulle verseker dat hulle kinders veilig bly en die beste uit hulle video- en rekenaarspeletjies kry.”
Belangrike voordele van video- en rekenaarspeletjies sluit in:
* Breinontwikkeling – verskeie studies wys dat sommige kinders wat rekenaarspeletjies speel, ’n kognitiewe hupstoot kry wanneer dit kom by die ontwikkeling van visueel-ruimtelike vaardighede, logiese denke, probleemoplossings en hand-oog-koördinasie. Amerikaanse navorser en skrywer van Free to Learn, dr. Peter Gray, brei uit op sy navorsing oor die impak van rekenaarspeletjies op die brein in verskeie artikels wat in Psychology Today gepubliseer is.
* Basiese denk-prosesse – liefhebbers van rekenaarspeletjies blink uit in terme van konsentrasievermoë, geheue kapasiteit, waarneming en besluitneming. Hierdie is te danke aan speletjies wat flinke besluitneming en vinnige bewegings vereis. Spelers moet konsentreer op verskeie aspekte op dieselfde tyd terwyl hulle ‘n magdom inligting moet onthou.
* Sosiale inklusiwiteit – die wêreld van rekenaarspeletjies is onteenseglik sosiaal. Daar word beraam dat daar meer as 3.2 miljard spelers in die wêreld is. Van die gewildste hiervan is multispeler-speletjies. Rekenaarspeletjies skep dus ’n gemeenskap waarin kinders kan voel dat hulle inpas. Dit kan hulle help om vriende te maak met ander spelers by hul skool of in hul omgewing en skep vir hulle die geleentheid om sosiaal te verkeer. In plaas daarvan om video- en rekenaarspeletjies as ’n alleen-aktiwiteit vir jou kind te kies, kan julle dit oorweeg om as gesin saam te speel. Hierdie benadering help ouers om dop te hou watter speletjies jou kind speel, met wie hulle aanlyn kommunikeer en die hoeveelheid tyd wat hulle daarop spandeer.
* Die ‘voel-goed’ faktor – video- en rekenaarspeletjies is pret, dit kan die vrystelling van endorfiene stimuleer en fisiese en geestelike ontspanning bevorder. Die goue reël bly steeds matigheid en om ’n gesonde balans tussen rekenaarspeletjies en ander aktiwiteite te handhaaf.
* Digitale geletterdheid – kinders word groot in ’n wêreld met ’n tegnologiese hulpmiddels en platvorms wat vinnig uitbrei. Hulle sal in die toekoms hul lewe in ’n nog meer digitale-gedrewe wêreld moet leef. Tegnologie soos virtuele realiteit en aangevulde realiteit word reeds in baie aspekte van die lewe en in die sakewêreld opgeneem. Sekere elemente van rekenaarspeletjies word toenemend in skole en tersiêre opvoedkundige kurrikulums gebruik.
Best sê liefhebbers van rekenaarspeletjie ontvang dus baie spesifieke, waardevolle ervarings as digitale burgers.
Hoewel al hierdie voordele van video- en rekenaarspeletjies bestaan, is dit nie te sê dat daar nie werklike risiko’s daaraan verbonde is nie.
“Een van die mees algemene vrese onder ouers is dat rekenaarspeletjies die virtuele deure kan oopmaak vir gevare soos kuber-afknouery en gevaarlike vreemdelinge. As jou kind rekenaarspeletjies speel, is dit belangrik om seker te maak dat jy weet saam met wie jou kind speel en meer belangrik, met wie hulle gesels. Kinders moet ook verstaan dat daar ’n werklike verskil is tussen die persoon saam met wie hulle speel en die ‘avatar’ of foto waarmee die persoon hom/haarself verteenwoordig. Ouers moet ook reëls instel om skermtyd te beheer. Waarskuwingstekens van te veel skermtyd is sosiale onttrekking, geheimsinnigheid en drastiese gemoedsveranderings wanneer hulle moet ophou speel om ‘n ander aktiwiteit te gaan doen.”
Rachelle sê die vraag aan ouers van ’n kind wat wil begin video- of rekenaarspeletjies speel. is nie moet ek of moet ek nie toelaat dat my kind videospeletjies speel, nie. “Dit moet eerder wees hoe kan ek rekenaarspeletjies veilig maak en verseker dat my kind dit verantwoordelik gebruik sodat hulle die voordele daarvan kan ervaar? Dit is belangrik dat die speletjies wat jy toelaat ouderdom-toepaslik is, dat die skermtydlimiete nagekom word, dat die speletjie nie lei tot die verlies van slaap of die oorslaan van maaltye nie en dat jy as ouer veiligheidsmaatreëls in plek stel wanneer jou kind multispeler-speletjies speel en van kletskamers gebruik maak.”
As ma van ‘n tiener, en die stigter van ‘n gevorderde hulpmiddel in die aanlyn-veiligheid-ekosisteem, is Rachelle deeglik bewus van die risiko’s waaraan kinders blootgestel kan word soos kuber-afknouery, onvanpaste inhoud en vreemdeling-gevaar. “Dit is die gevare wat enige kind of tiener met ’n internet-geaktiveerde toestel mee te doen kry, nie net die kinders wat rekenaarspeletjies speel nie,” sê sy. “Dit is belangrik vir ouers om belangstelling in hul kinders se aanlyn aktiwiteite te wys en op hoogte te bly deur deurlopende, eerlike gesprekke met hulle te voer oor watter speletjies hulle geniet, hoe dit met die speletjies gaan en met wie hulle kommunikeer.”