Donna le Roux is die naaswenner in die Suid-Afrikaanse junior tenniskampioenskap wat op 26 Maart in Bloemfontein beslis is.
Sy het in die o.18-wedstryd te staan gekom teen Hanmaré McAslin van Kaap-stad, wat hard moes veg vir haar oorwin-ning van 3 – 6, 6 – 3 en 6 – 3. Hanmaré (18) was die eerste gekeurde speler.
Donna (16) het verlede jaar die o.16-titel gewen en ook toe sy jonger was twee keer die o.10-titel en die o.14-titel.