Hulp vir alle kankerlyers

Reik na herstel is ’n organisasie wat vroue en mans met borskanker prakties en emosioneel ondersteun.


Reik na herstel is ’n organisasie wat vroue en mans met borskanker prakties en emosioneel ondersteun.

Dr. Ilse de Wit van Reik na Herstel verduidelik die opgeleide vrywilligers van die organisasie het almal self die borskanker-pad gestap.

Hulle besoek gereeld die pasiënte in die Pelonomi-hospitaal, Universitas Akademiese Hospitaal, Mediclinic Bloemfontein en ook Life Rosepark.

Die diens word gratis aan pasiënte gebied. Elke pasiënt ontvang ’n mooi sakkie om die dreineringsak in te dra – pasiënte word gewoonlik met die dreineringsakkie huis toe gestuur. Hulle ontvang ook ’n klein kussing om onder die geopereerde kant se arm te sit en ’n boekie met inligting oor alles wat hulle moet weet oor kankerbehandeling.

“Ons help die vroue met inligting oor alles van effekte van chemoterapie en bestraling, tot waar in Bloemfontein jy ’n pruik kan bekom.”

Pasiënte word deur die hospitale of praktyke na Reik na Herstel verwys en soms sommer deur vriende of familie.

De Wit sê Reik na Herstel het begin met die Ditto-projek waar pasiënte wat nie ’n siekefonds het, ’n nuwe silikon-borsprostese kan bekom. Pasiënte gebruik dit in die plek van die bors wat verwyder is.

Belangstellendes wat as vrywilliger wil aansluit of pasiënte met borskanker wat meer wil uitvind, kan navrae by 051-522-1683 rig.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.