Die Human Auto-familie bars van trots nadat dié groep talle van Ford se top-trofees verower het op die Ford-handelaarstoekeningsgeleentheid op 10 Maart by Emperor’s Palace in Kemptonpark.
“Ons grootste doelwit was nog altyd om ons kliënte soos familie te behandel en om ’n uitstekende kliënte-ervaring te bied aan enigiemand wat een van ons nuut opgeknapte handelaars in die Vrystaat en Noord-Kaap besoek,” sê Pine Pienaar, groephandelaarshoof.
Die Human Auto-groep is as die Ford-franchise-groep van die jaar gekroon en Human Auto Bloemfontein het die gesogte eerbewys as algehele handelaar van die jaar vir 2022 gewen.
Wenners wat die Human Auto-groep opgelewer het
- Groephandelaarshoof van die jaar: Pine Pienaar.
- Nasionale handelaarshoof van die jaar: Des Williams, Bloemfontein.
- Handelaarshoof in afdeling A: Des Williams.
- Algehele wenner in die afdeling vir gebruikte motors: Hannes Wessels, Bloemfontein.
- Nuwemotorverkope in afdeling C: Clifford Cawood, Welkom.
Ander eerbewyse:
- Ford Protect Penetration-eerbewys vir die algehele naaswenner: Human Auto Bloemfontein.
- Ford-kredietmeriteklub, naaswenner: Ludwig van Staden, Bloemfontein.
- Ford-onderdele-meriteklub, naaswenner: Gerhard Grové, Bloemfontein.
- Ford-diens-merieteklub, naaswenner: Okkie Louw, Bloemfontein.
- Nuwemotorverkoopsbestuurder in afdeling A, naaswenner: Theuns Pieters, Bloemfontein.
- Naaswenner in die afdeling vir handelaarshoof van die jaar, afdeling C: Pierre Beukes, Welkom.
- Ford Protect-merietewenner, Merit Club, in die derde plek: Human Auto Bloemfontein.
“Geen van hierdie erkenning sou ontvang kon word as dit nie was vir ons toegewyde span, die leiding van Ford SA en die getroue ondersteuning wat ons van ons kliënte ontvang, wat ons elke dag sterker maak nie,” sê Pienaar.
“Ons wil ons Human Auto-familie bedank dat hulle ons gehelp het om die Ford-vlag hoër as ooit tevore te laat wapper.
“Die enigste manier om hierdie wonderlike doelwitte te bereik, is met spanwerk – en ons by span Human Auto deel dieselfde visie en dieselfde doelwit. Ons glo spanwerk laat die droom werk.”
Pienaar nooi klante om Human Auto se takke in Bloemfontein, Welkom, Kimberley en Ficksburg te besoek.
Jacques Strydom is die eienaar van die Human Auto-groep.