Inbreker in Bloemfontein loop sy rieme styf

’n Vermeende inbreker wat in die vroeë oggendure van Donderdag 9 November sweistoerusting by ’n huis in Hudsonrylaan, Fichardtpark, gesteel het, is kort daarna in hegtenis geneem.


’n Vermeende inbreker wat in die vroeë oggendure van Donderdag 9 November sweistoerusting by ’n huis in Hudsonrylaan, Fichardtpark, gesteel het, is kort daarna in hegtenis geneem.

Charnel Hattingh, groephoof van bemarking en kommunikasie van die veiligheidsgroep Fidelity ADT, sê veiligheidspersoneel van die firma het vroeg die oggend ’n wenk gekry dat ’n inbraak om ongeveer 04:45 by ’n huis in Hudsonrylaan plaasgevind het.

Reaksielede van Fidelity ADH het met ’n gedetailleerde beskrywing na die verdagte begin soek.

Hulle het hom kort daarna in Barry Richterlaan gevind en het ’n gesteelde sweismasjien en ander toerusting in sy besit gevind.

’n Ooggetuie het die verdagte geïdentifiseer en die eienaar het bevestig dat dit sy toerusting is wat gesteel is.

Die verdagte is daarna aan die polisie in Parkweg oorhandig, wat die verdagte in hegtenis geneem het.

Hattingh sê Fidelity ADT se sukses kan toegeskryf word aan hul 24-uur pro-aktiewe diens en effektiewe kommunikasie op hul radio-netwerk.

You need to be Logged In to leave a comment.