AfriForum in Bloemfontein het ’n suksesvolle oudit by plaaslike monumente gedoen.
Dié burgerregteorganisasie doen jaarliks ’n oudit om die historiese monumente in Suid-Afrika te evalueer en sodoende rekord te hou van watter monumente aandag verg.
Die Brits-monument (op die terrein van die Ou Presidensie), President Brand-begraafplaas, Oorlogsmuseum van die Boererepublieke en die Vrouemonument is geoudit.
Die Bloemfontein-tak onderhou sedert verlede jaar die President Brand-begraafplaas en die Brits-monument, en word met skoonmaakprojekte deur Anchor of Hope bygestaan.
“Die monumente lyk uitstekend,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
“Ons wil graag ons erfenis beskerm, maar te veel gemeenskapslede is onbewus van al die monumente en gedenkwaardighede in Bloemfontein. Die skoonmaak van die President Brand-begraafplaas en die Brits-monument is al amper ’n jaar deel van ons volhoubare projekte in Bloemfontein en word ook deur al AfriForum se plaaslike strukture ondersteun.”