Twee groot internasionale tennistoernooie word in Februarie in Bloemfontein beslis.
Cepha Tennis bied twee toernooie van die junior J5- Internasionale Tennisfederasie (ITF) aan.
Die UV Cepha junior-tennis se eerste toernooi begin op Saterdag 5 Februarie en die finale wedstryd word op 11 Februarie gespeel. Die tweede toernooi begin op 12 Februarie en die finale wedstryde word op 18 Februarie gespeel.
Talle internasionale spelers gaan aan die toernooi deelneem met spelers van Israel, Brittanje, België, Hongarye, Egipte, Amerika, Duitsland en Switserland wat saam met spelers van sommige Afrika-lande en Suid-Afrika dit om titels gaan uitspook.
Die toernooie vind by die Vrystaat-tennisstadion in At Horaklaan, Willows, plaas. Ná die lang inperking is dit ’n goeie geleentheid vir die Vrystaat om weer ’n besonderse sportgeleentheid van hierdie formaat aan te bied. Rig navrae oor die toernooi aan MC Olivier by 083-989-3105.