Inwoners kan inskakel vir luistergenot

Radio Rosestad het Donderdag (17/02) ’n geselligheid by die Ramblers-klub aangebied waarin dié gemeenskapsradiostasie se nuwe uitsaairooster aangekondig is.


Radio Rosestad het Donderdag (17/02) ’n geselligheid by die Ramblers-klub aangebied waarin dié gemeenskapsradiostasie se nuwe uitsaairooster aangekondig is.

Volgens Bernie Naudé, algemene bestuurder, is dit belangrik dat die stasie sy klank verfris en aan aanbieders genoeg geleenthede bied om te groei.

“Die luisteraars kry dan ook die geleentheid om na nuwe, vars programme te luister.”

Van die veranderings sluit in ’n landbouprogram met Johan Gunter wat Maandae tot Vrydae van 05:00 tot 06:00 uitgesaai word, Kyk Noord met Nicole Viljoen van 06:00 tot 09:00, Laatoggend met Gerda Niemann van 09:00 tot 12:00, Twaalf tot Drie – C’est la Vie met Michiel Combrink en Hou Links met Enriko Klopper van 15:00 tot 18:00.

Onder andere Isabel Strauss, Marius de Klerk en Johan de Klerk tree as aanbieders van die aandprogramme op.

Luisteraars kan Saterdae inskakel om na Armando Pieters, Mardi Delport, Benita Jacobs, Marius en Johan te luister, terwyl Benita, Michelle Lawrence, Gerdie Karstens en Mario Lategan Sondae aan die woord is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.