Die rolbalbane van die Bloemfontein-rolbalklub was Donderdag (09/02) laatmiddag onder water weens reën wat oor die stad uitgesak het. Foto: Gerrie de Bruin


Plaasgemeenskappe langs die Modderrivier, Mockesdam en Maselspoortdam word gewaarsku om hul besittings langs die stygende water te verwyder.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, sê dié waarskuwing vorm deel van die stad se waterhulpbronbestuursprotokol.

Dit volg ná hewige reën die afgelope paar dae met sekere damme wat reeds 100% vol is.

Khedama sê die groot volumes water die afgelope tyd laat riviere sterk loop en damme raak al voller, met ’n sterk moontlikheid van vloede wat kan voorkom.

“Inwoners wat huise sonder die toestemming van die metro onder die vloedlyn gebou het, is aanspreeklik vir alle skade aan hul eiendom.”

Nog reën word vir die naweek voorspel.

Inwoners kan die Mangaung-brandweer by 051-406-6666 of 051-409-9600 bel in geval van nood of die tolvrye nommer 107. Die nommer vir ambulansdienste is 10177.

You need to be Logged In to leave a comment.