Inwoners spring in en maak vieslike spruit self skoon

Inwoners van Roodewal het self ingespring en ’n deel van die Renosterspruit skoongemaak nadat riool in dié spruit die visse laat vrek het.


Inwoners van Roodewal het self ingespring en ’n deel van die Renosterspruit skoongemaak nadat riool in dié spruit die visse laat vrek het.

Bloemnuus het Maandag (12/09) berig dat die Roodewal-rioolsuiweringswerk nie behoorlik werk nie en daartoe lei dat rou riool in die spruite beland.

Van die inwoners het Maandag ’n deel van die spruit waar die vullis en dooie visse opgehoop het, skoongemaak.

Rudie Maartens, ’n ander inwoner, sê die spruit stink. Hy sê dit word die afgelope twee maande al erger.

Mokgadi Kganakga, DA-raadslid van wyk 47, sê die rioolsuiweringsaanleg in Roodewal is gebou om die een in Nuwe Ooseinde te ondersteun. “Dit is net ’n derde klaar, maar werk teen 100% kapasiteit.”

Kganakga sê die riool lek by albei rioolaanlegte en sy het dit al menigmaal by die Mangaung-metro sowel as by die Blou Skerpioene en die Groen Skerpioene aangemeld.

“Amptenare het gesê hulle gaan aandag aan die lekkasie gee, maar by die Roodewal-aanleg gaan dit miljoene rande neem om dit behoorlik te laat werk.”

Die DA het Maandag ’n griefskrif oor waterprobleme in die Vrystaat aan die kantoor van die premier oorhandig ná ’n optog deur Bloemfontein se strate.

Van die klagtes gaan oor ’n tekort aan watervoorsiening in talle munisipaliteite asook aan rioolbesoedeling wat volgens die DA as plaaslike ramptoestande verklaar moet word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.