In hul eerste Varsitybekerwedstryd in die 2025-seisoen gister op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch, het die Universiteit van Stellenbosch (Maties) hul semi-finaalverlies verlede jaar teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) gewreek in ’n naelbyt-oorwinning.
Gelukkig kon die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Ixias vir Bloemfontein ’n oorwinning behaal teen die span van die Universiteit van Johannesburg (UF)
Die Ixias het in die eerste rondte van die Varsitybeker ’n oorwinning verseker met baie ervare spelers om UJ te midde van gietende reën 29-13 te wen. Jan Hendrik Bessenger, Tokelo Ntaopane, Devinto Verotine, Juan Smith en Malcom Lamont het almal drieë vir die SUT gedruk.
Juan Smith is aangewys as die FNB Speler wat Rock.
Die Maties het dié universiteit se 150ste verjaardag met ’n oorwinning van 41-37 teen die Shimlas gevier.
Van die eerste minuut af het die spanne opwindende rugby gespeel en elke keer as die Maties punte aangeteken het, het die Shimlas kort daarna gevolg.
Maties se hoofafrigter Kabamba Floors kan besonder tevrede wees met sy span wat bestaan uit 17 nuwelinge met die spelers se gemiddelde ouderdom van 21.
Die Shimlas speel Maandag 24 Februarie om 19:00 teen die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) op Shimlapark in Bloemfontein.
Die Ixias se volgende wedstryd is op dieselfde dag ook om 19:00 op die SUT-stadion teen die span van die Universiteit van Kaapstad se span Ikeys.