Jaco se meisie met die vlerke vlieg tot in Nederland

Die Nederlandse publikasieregte vir Bloemfonteinse skrywer Jaco Jacobs se boek, Die meisie met die vlerke, wat deur Kobus Geldenhuys in Engels vertaal is na The girl with wings, is deur Nederland se Ploegsma Publishers bekom. Die besonderse deurbraak


Die Nederlandse publikasieregte vir Bloemfonteinse skrywer Jaco Jacobs se boek,Die meisie met die vlerke, wat deur Kobus Geldenhuys in Engels vertaal is na The girl with wings, is deur Nederland se Ploegsma Publishers bekom. Die besonderse deurbraak is deur Oneworld Publications moontlik gemaak wat die wêreldwye regte vir dié titel in Julie 2023 bekom het.

Die Afrikaanse weergawe van die boek is deur Ibby Suid-Afrika vir die gerekende internasionale Ibby Eerbewyslys vir 2024 benoem onder die afdeling vir kreatiewe skryfwerk.

Jaco se boek The bookshop in the clouds, wat ook deur Geldenhuys vertaal is, is erken in die afdeling vir gehalte van vertaalwerk.

The girl with the wings het ook ’n plek behaal in die White Ravens International Youth Library Catalogue van 2023, ’n jaarlikse samestelling deur taalspesialiste by die Duitse Internationale Jugendbibliothek. Hierdie katalogus sluit boeke in wat onlangs in lande oor die wêreld heen gepubliseer is en as uitsonderlik beskou word.

Die publikasiehuis Pan Macmillian het ook aangekondig dat die regte vir die Portugese weergawe van die boek You are a wish, ’n prenteboek van Jaco wat deur Tumi K Steyn geïllustreer is, deur die Brasiliaanse publikasieagentskap Viajante Do Tempo bekom is.

Jaco is die skrywer van meer as 270 boeke en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is al verkoop.

Hy het al 46 eerbewyse ontvang en sy boeke word vertaal in Engels, Nederlands, Italiaans, Spaans, Sloweens terwyl daar ook nou gewerk word aan die Chinese en Russiese vertalings van sy werke.

Twee van sy boeke is as rolprente verwerk.

You need to be Logged In to leave a comment.