Jarelange rekords spat

’n Leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) is op 5 Oktober op Grey-kollege en OMS se atletiek­byeenkoms as die beste senior baanatleet aangewys.


’n Leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) is op 5 Oktober op Grey-kollege en OMS se atletiek­byeenkoms as die beste senior baanatleet aangewys.

Rumé Burger (gr. 10) het dié prestasie nou reeds op drie groot byeenkomste vanjaar vermag. Haar sege in die 100 m-nommer, in ’n tyd van 11.79, het die Olimpiese atleet Justine Palframan se byeenkomsrekord van 11.89 in 2009 uit die boeke gevee.

Rumé het ook goud in die 200 m en 100 m-aflos vir o.17-meisies verwerf. Die aflosspan (Rumé, Elizabeth Fick, Diné le Roux en Zelmarie Smook) het ook ’n byeenkoms­rekord opgestel.

Danyelle Pienaar het die 400 m-hekkies met 1:02.88 gewen– meer as ’n sekonde flinker as die rekord van 2017.

Oranje se A-span was derde onder die meisiespanne op die byeenkoms.

Rumé het vroeër vanjaar die Vrystaatse rekord in die 100 m ná 19 jaar van 12.02 na 11.92 verbeter.

OMS se ander gouemedaljewenners
  • Diné le Roux (100 m-hekkies);
  • Erika Reynolds (driesprong);
  • Lilly Burger (90 m-hekkies);
  • Mienke Botha (300 m-hekkies); en
  • Klara van Wyk (verspring).
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.