Andriette Potgieter (streeksbestuurder van die ATKV in die Vrystaat en Noord-Kaap) by van die kunswerke wat vir die kompetisie ingeskryf is. Foto: Lientjie Mentz


Die wenners in die Pasteur-ooghospitaal se kunskompetisie wat in samewerking met die ATKV-tak Gemeenskapsteater aangebied word, word binnekort aangekondig.

Al die inskrywings is op 14 Oktober by die Co-op-galery uitgestal en die finaliste is op die geleentheid aangewys.

Die finalis-werke met “die oog” as tema, word nou tot Woensdag 1 November by die Pasteur-ooghospitaal uitgestal.

Die finaliste is Ellenise Roberts, Blaise Sheasby en Tanya Smith.

Leerlinge wat aan die kompetisie deelgeneem het en wat as finaliste aangewys is, is: Josh Faber (15, Hoërskool Sentraal), Lara Heyns (11, Laer Meisieskool Oranje), Kianna Walters (14, Sentraal), Ningning Fan (15, Ridgefield Academy), Zenel Joubert (17, Hoër Meisieskool Oranje), Nina Marais (11, Laerskool Aliwal-Noord), Leané de Schmidt (14, Oranje), Siyabonga Gans (14, St Andrew’s School), Noah van Niekerk (10, St Andrew’s School).

You need to be Logged In to leave a comment.