Die twee leerlinge van die Blaise Academy het dubbelgoud ontvang in die drama-afdeling. Van links is Nienke du Plessis (7), Inge Bezuidenhout (onderwyser) en Milan Eksteen (6). Foto: Lientjie Mentz


Die gehoor het al te lekker gelag vir Brandon Taylor van die Lettie Fouché-skool se voordrag oor die padda in sy tas waarvoor hy ’n dubbelgoud-eerbewys gekry het.

Hy was een van talle individuele deelnemers en groepe wat deel was van die eerste Sprankeltyd-eisteddfod vir kinders en volwassenes met gestremdhede wat Donderdag (17/08) by die Lettie Fouché-skool deur die ATKV aangebied is.

Ebeth Wilson, voorsitter van die ATKV-tak Gemeenskapsteater wat dié eisteddfod georganiseer het, sê hulle wou graag ’n veilige plek skep waar kinders met fisieke gestremdhede asook kinders met leeruitdagings in ’n veilige omgewing hul talente kon vertoon.

“Die eisteddfod het ons wildste verwagtinge oortref. Dit was so ’n plesier om die kinders se selfvertroue op die verhoog te sien,” sê sy oor dié dag.

Leerlinge van Lettie Fouché, die Pholoho Spesiale Skool, Beudene-dagsorg en terapeutiese sentrum asook die Bloemfontein-skool vir Outisme en die Blaize Academy het aan die eisteddfod deelgeneem.

Wilson sê hulle hoop die idee groei en kan selfs landwyd aangebied word.

  • Leerlinge en groepe wat dubbel-goud ontvang het, sluit in:Dansafdeling: Pholoho-skool se junior gumboot-groep;) Lettie Fouché se junior ritmegroep; en ) Pholoho se mini-ritmegroep.Drama:) Milan Eksteen en Nienke du Plessis (Blaize Academy) met hul voordrag: Geen vuur is te groot om te blus nie;) Brandon Taylor (Lettie Fouché): Die padda in my sak; en ) Lettie Fouché se mini-spreekkoor.Musiek:) Pholoho se junior koor;) Christo Hurter van Beudene solo-sang;) Keketso Dreyer van die Bloemfontein-skool vir Outisme vir solo;) Franco de Vos en Juan Lubbe van Beudene vir ’n duet;) Juan vir solo; en) Beudene se Drumability Djembes se djembe-optrede.

You need to be Logged In to leave a comment.