Die o.16A-netbalspan van die Hoërskool Jim Fouché is aangewys as die Vrystaatse o.16-netbalkampioene nadat hy Vrydag (17/06) in die eindstryd teen die Hoër Meisieskool Oranje gespeel het.
In die span se ander wedstryde het hy Welkom-Gimnasium met 27 – 10 verslaan, die Hoërskool Wilgerivier met 24 – 3 geklop en die Hoërskool Voortrekker in die halfeindstryd met 24 – 9 gewen.
In die finaal het JF met 20-8 geseëvier. Die span sal die skool nou verteenwoordig op die Suid-Afrikaanse topskolebyeenkoms wat op 6 en 7 Augustus in Boksburg gehou word.