Die laaste wedstryde vir hierdie kwartaal in die Wesgrow Sentrale Skolesportreeks is die naweek in Kimberley en die groot derby in Bethlehem beslis.
In Bethlehem het die twee plaaslike skole die Hoërskool Witteberg en Voortrekker mekaar in ‘n witwarm stryd gepak.
Die Bloemfonteinse skool Jim Fouché se rugbyspelers en hokkiespelers het
na Kimberley gereis om hul laaste wedstryde teen die Hoërskool Diamantveld te beslis.
Dié wedstryde is Vrydag en Saterdag gespeel.

Dit was beslis Diamantveld se dag op die rugbyveld met goeie oorwinnings van 46-37 vir dié skool se eerste rugbyspan en 59-0 vir die skool se tweede span.
Op die hokkieveld is die bordjies verhang met JF se eerste spanne wat in die seuns- en meisieshokkiewedstryde koning gekraai het.
Die eerste seunsspan het ‘n goeie oorwinning van 5-1 behaal en die meisies het die wedstryd met 2-0 op die telbord afgesluit.
Die laaste wedstryde in dié reeks sal in die derde kwartaal beslis word.

You must be logged in to post a comment.