Met Bloemskou wat verlede week begin het en tot Saterdag (07/05) duur, is daar hope pret vir kinders in die stad. Sowat 250 kinders van Engo se jeugsorgsentrums het op 26 April danksy gratis pretparkritte hier baljaar. Van die mense wat dié uitstappie moontlik gemaak en gehelp het, is van links Melany Bothma, Marinique du Plessis (Engo), Elmarie Prinsloo (Bloemskou) en Fransie Pretorius (Fun Carnival-pretpark). Foto: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.