Jong atlete skop stof in mededingers se oë op byeenkoms

Die seuns van Grey-kollege (primêr) het uitgeblink en die rekords laat spat op die Motheo-Xhariep-atletiekbyeenkoms wat op 23 Februarie in Bloemfontein gehou is. Altesaam 59 van Grey se atlete het gekwalifiseer om aan dié byeenkoms deel te neem.


Die seuns van Grey-kollege (primêr) het uitgeblink en die rekords laat spat op die Motheo-Xhariep-atletiekbyeenkoms wat op 23 Februarie in Bloemfontein gehou is. Altesaam 59 van Grey se atlete het gekwalifiseer om aan dié byeenkoms deel te neem.

Drie seuns het vier rekords opgestel:

  • Reuben Smit het in die 80 m-hekkies en die 200 m-hekkies vir seuns o.13 presteer. Die vorige rekord in die 80 m was 11.29 en hy het dit na 11.10 verbeter. Reuben het die rekord in die 200 m-hekkies van 26.79 na 26.72 verbeter.
  • Caleb Josephs het die rekord in die 80 m-hekkies vir seuns o.13 van 11.29 na 11.16 verbeter.
  • Wian Bredenkamp, ook ’n atleet in die afdeling vir seuns o.13, het die rekord in spiesgooi van 44,42 m na 45,29 m verbeter.

Die seuns van Grey is beloon vir talle prestasies. Die span kry die volgende trofeë:

  • beste o.8-atlete;
  • beste o.9-atlete;
  • beste o.11-atlete;
  • beste o.13-atlete en
  • beste prestasies in die o.8- tot o.13-ouderdomsgroep.

Individuele pryse het aan die volgende atlete gegaan:

  • Wian Bredenkamp is die beste veldatleet vir sy prestasie in die diskusgooi. Hy het 876 punte op die Atletiek Prestasie Evaluasie- (APE) tabel verdien, met ’n afstand van 43,53 m.
  • Reuben Smit is die beste baanatleet met 11.16 in die 80 m-hekkies. Hy het 972 punte verdien volgens die APE-tabel.

Altesaam 32 atlete van Grey het gekwalifiseer om aan die Vrystaatbyeenkoms in Sasolburg deel te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.