Eezet Fourie by twee van haar leerlinge en hul kunswerke wat opgeneem is in Santam se 2024-kalender. Links is Ruben Albertyn (10) en regs is Joshua Kleovoulou (6).Foto: Lientjie Mentz

Nellie Brisley (middel) by twee leerlinge van haar kunsskool met hul kunswerke wat deel vorm van Santam se kalender vir 2024. Links is Siyabonga Gans (14) en regs is Adri du Preez (12).Foto: Lientjie Mentz

Vier leerlinge van Bloemfontein se kunswerke vorm deel van Santam se kinderkuns-kalender van 2024 waarin 13 kunswerke van leerlinge van oor die land heen pryk.

Adri du Preez (12) van die Laerskool Willem Postma en Siyabonga Gans (14) van die St Andrew-skool is albei leerlinge van Nellie Brisley se kunsskool.

Ruben Albertyn (10) ook van Willem Postma en Joshua Kleovoulou (6) van Little Saints neem kunslesse by Ezet Fourie. Hul kunswerke is ook vanjaar in die almanak opgeneem.

Die tema vir vanjaar was “Wat die wêreld nou nodig het”.

Vanjaar het leerlinge van oor die land heen 2 300 kunswerke vir die Santamkinderkuns-kompetisie ingeskryf.

Uit die inskrywings is 250 kunswerke gekies waarvoor leerlinge elk ’n medalje en sertifikaat gaan ontvang.

Laastens is 13 kunswerke gekies wat in die 2024-kalender gaan pryk.

Fourie sê hulle weet nog nie hoe lyk die kalender en watter leerling se kunswerke by watter maand gaan pryk nie. Daarvoor sal hulle moet wag totdat die almanak later vanjaar beskikbaar is.

You need to be Logged In to leave a comment.