’n Leerlinge aan die Hoërskool Jim Fouché het verlede week goud op die Internasionale Eskom-ekspo in Boksburg gewen.
Jaco Deysel (gr. 10) het op 4 Augustus deelgeneem aan die streeksuitdun van die Eskom-ekspo waar hy ’n goue eerbewys vir sy projek asook ’n toekenning vir die beste projek in die kategorie rekenaar wetenskap en sagteware ontwikkeling, ontvang het.
Jaco het daarna die Vrystaat op internasionale vlak in Boksburg van 3 tot 6 Oktober gaan verteenwoordig. In Boksburg het hy goud by die Internasionale Eskom-ekspo en ’n kontantprys van die International Science Federation (ISF) ontvang.
Jaco het ’n program geskryf wat twee van die oudste en eenvoudigste enkripsie-metodes gebruik (Caeser en Vigener Cipher) om boodskappe te enkripteer en dekripteer.
Na verskeie toetsings het Jaco dié navorsing gebruik om sy eie benadering tot enkripsie te volg en ’n program geskryf waar hy albei metodes meng, en sy navorsing toepas om ’n naastenby onbreekbare enkripsie te maak.