‘n Inwoner van Philippolis is Sondag 22 Junie op op die N1 by Trompsburg uit ‘n vragmotor geklim en nog met die bestuurder gepraat het, vertel ‘n niggie, Constance Mdlokovana.
Dié hoofpad was vir ‘n geruime tyd gesluit.
Die 21-jarige Sizwe het ‘n geleentheid gekry vanaf Bloemfontein na Trompsburg waar sy ouers werk. Nobelungu Masechaba en Mohawuyana Mohapi is beide van Philippolis en Mohawyana het Saterdag 21 Junie nog ‘n begrafnis in Philippolis bygewoon uit Trompsburg. Nooit sou hy kon dink dat sy seun se begrafnis volgende sou wees nie.
‘n Erge slag is gehoor en die voertuig, ‘n wit Fortuner, het ‘n ent vorentoe op die N1 tot stilstand gekom. Die bestuurder het ‘n verklaring by die polisie afgelê.
Mirriam Jan, ‘n oud-raadslid vir Philippolis en klinieksuster, was toevallig in die verkeer wat opgedam het. Sy het vir Sizwe uitgeken en die slegte tyding aan sy ouers oorgedra.
Een van die eerste Philippolisers wat Sondag by die ongeluk verbygery het na Bloemfontein was Marnie en Louis van Wyk van Philippolis.
Marnie is ‘n medewerker van die Philippolis Post en het onmiddellik hieroor berig.
Die identiteit van die oorledene was toe nog nie bekend nie.
Die dood van Sizwe is oor ‘n wye front betreur op die Philippolis Post.
Jong man sterf op N1 toe hy uit vragmotor by Trompsburg klim
Share this post:

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.