Vier leerlinge aan die Hoërskool Jim Fouché het deurgedring na die nasionale ronde van die Oppie Tong af-kompetisie, wat op 13 Oktober in Centurion plaasgevind het.
Uitslae in die afdeling vir voorbereide toesprake is:
- Suné Deacon was vierde nasionaal; en
- Karla Visser was sewende in die nasionale kompetisie in dié afdeling.
Leerlinge het ook deelgeneem in die afdeling vir onvoorbereide toesprake. Die uitslae van dié afdeling is as vol:
- Franco Deacon was vierde nasionaal in die Goue Tong-vyfminute-voorbereidingsafdeling; en
- Lourens van Niekerk was derde nasionaal in die afdeling waarin hulle 60 minute gegun is om voorbereidingswerk te doen.
Lourens is ook as die nasionale wenner van die Goue Tong-kompetisie in die vyfminute-voorbereidingsafdeling gekroon.