Jong Vrystaatse sjefs en bakkers kan hulle inskryf vir RCL Foods se Jong Sjefs en Jong Bakkerskompetisie waarin prysgeld van R110 000 gewen kan word.
Die kompetisie word aangebied in samewerking met die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging en die Suid-Afrikaanse Bakkersvereniging.
Die kompetisie is verlede jaar die eerste keer aangebied en is gerig op opkomende jong sjefs en bakkers.
Die voorste bakker sal R20 000 ontvang en elke lid van die sjefspan wat wen, wen R15 000.
Die kompetisie is gemik op studente in die kosbedryf tussen 18 en 27 jaar. Die sjefs sal in spanne van twee meeding. Die twee lede van die span moet ingeskryf wees by dieselfde professionele sjefskool of diensopleidingsprogram wat gefokus is op kulinêre kuns en professionele kookkuns.
Streeksuitdunne word in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Wes-Kaap, Limpopo en Gauteng gehou.
Om in te skryf vul die registrasievorm in en dien ’n portefeulje van jou werk in vir een van die kategorieë.
Die inskrywings sluit op 31 Julie.
Besoek rclfoods.com/brand/food-partners vir meer inligting.