Jong VS-musici spog met wentrofeë

Dit het weinig oorreding geverg om ’n allemintige 33 trofeë geskenk te kry vir vanjaar se Vrystaatse Kunswedstryd.


Dit het weinig oorreding geverg om ’n allemintige 33 trofeë geskenk te kry vir vanjaar se Vrystaatse Kunswedstryd.

Die kunswedstryd, wat van 10 tot 19 Augustus aangebied is, is onder voorsitterskap van Danré Strydom, klarinetspesialis en dosent aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein. Kobie Colditz, wat die fees 16 jaar lank bestuur het, is op 22 Junie oorlede.

Hier is die wenners en, tussen hakies, hul skole en onderwysers.


Ligte musiek

  • Corneil Muller-trofee vir senior sang: Marco Huygen (Hoërskool Fichardtpark, Joanita Erasmus-Alt)
  • Mario Lategan-trofee vir beste instrumentalis: Lorez Buys (Eunice Secondary, Louise Malherbe)

Klavier

  • Santjie Louw-trofee vir junior klavier: Keira Huang (Eunice Primary School, Johan Cromhout)
  • Charl du Plessis-trofee vir senior klavier: Karli Janeke (St Dunstan’s College, Benoni, Elize Kruger)
  • Sentraal Musiekakademie-trofee vir beste vertolking van ’n klassieke werk: Mia Huang (Eunice High School, Johan Cromhout)
  • Anneke Lamont-trofee vir beste vertolking van ’n barokwerk: Ulrich Brand (Hoërskool Sentraal, Heiletta Schoeman)
  • Jenny Reed-trofee vir beste vertolking van ’n romantiese werk: Anneke Wolvaardt (Laerskool Willem Postma, Heiletta Schoeman)

Kore

  • Angelique Novella-trofee vir beste laerskool juniorkoor: Laer Meisieskool Oranje (Werner Stander)
  • Christian Ashley-Botha-trofee vir beste enkelgeslagkoor, laerskool: Laer Meisieskool Oranje (Werner Stander)
  • Corné van Pletzen-trofee, geskenk deur Laerskool Willem Postma: senior koor, laerskool: Laer Meisieskool Oranje (Werner Stander)
  • Anelize Armer-trofee vir beste junior koor, hoërskool: Eunice Junior Choir (Leona Geldenhuys)
  • Michael Casaleggio-trofee geskenk deur Hoërskool Sentraal: gemengde skoolkoor, hoërskool: Hoërskool Fichardtpark (Joanita Erasmus-Alt)
  • Huibrie Verster-trofee vir beste meisieskoor, hoërskool: Eunice Vitae Cantamus (Retha Visser)
  • Marilise van Rooyen-trofee vir beste seunskoor, hoërskool: Grey Stabilis (Leona Geldenhuys)
  • Francois en Mag Marais-trofee vir beste opkomende laer- of hoërskoolkoor: The African Choir, Christian Brother’s College (Mamotebang Mohasoa)

Orkesinstrumente

  • Kobie Colditz Fichies-trofee vir beste junior blokfluitspeler: Natasha de Waal (Laerskool Jim Fouché, Etienne van Rooyen)
  • Petrus Krige-trofee vir beste senior blokfluitspeler: Ninke Botha (Hoërskool Jim Fouché, Ilané van Wyk)
  • Danré Strydom-trofee vir beste junior houtblaser: Dalene Fourie (Laerskool Willem Postma, Maria Swart)
  • Heinrich Armer-trofee vir beste senior houtblaser: Eloise van Driel (Hoër Meisieskool Oranje, Maritsa Barlow)
  • George Foster-trofee vir beste senior koperblaser: Tuan Thalla (Odeion Skool vir Musiek, George Foster)
  • Henkins-trofee vir beste junior stryker: Luan Oberholzer (Laerskool Willem Postma, Chris van Zyl)
  • Odeion-strykkwartet-trofee vir beste senior stryker: Mikael von Eschwege (Grey-kollege Sekondêr, Sharon de Kock)


Orkes en strykorkes

  • Vrystaatse Simfonieorkes-trofee vir beste orkes: Free State Wind Ensemble (OSM, Danré Strydom)

Ander pryse en wenners

Trinity College London

  • Houtblaasitem: Dalene Fourie (Laerskool Willem Postma, Maria Swart)
  • Blokfluit-item: Natasha de Waal (Laerskool Jim Fouché, Etienne van Rooyen)

Royal Schools

  • Junior pianis: Keira Huang (Eunice Primary School, Johan Cromhout)
  • Senior pianis: Karli Janeke (St Dunstan’s College, Benoni, Elize Kruger)
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.