As deel van Afri­Forum se teen­boelie- en selfbewustheidsveldtog stel Afri­Forum TV Saterdag (10/09) die rolprent Die val bekend.

Leandie Bräsler, bestuurder van AfriForum se jeugleierskap-afdeling, het die temalied, “As ek val”, geskryf en opgeneem. Die musiek­video sal van Vrydag af op YouTube te sien wees.

Die rolprent handel oor Melissa Strauss en haar uiteenlopende struikelblokke op skool, wat boelies, sake van die hart en akademiese druk insluit.

Tarryn-Tanille Prinsloo, ’n dosent in drama en rolprentstudie aan die Universiteit van Pretoria (UP), het die draaiboek geskryf.

Deoudoné van der Merwe, bekend as kykNET se Stella, en Bertha le Roux, 7de Laanse Emma, vertolk van die rolle.

Die rolprent is van Saterdag af gratis op die AfriForumTV-toepassing te sien.

Kry meer inligting oor die rolprent by dievalfilm.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article