Drie Vrystaatse atlete het goud verwerf in die Suid-Afrikaanse laserwedloop-kampioenskap wat op 23 Junie in Mankele-park net buite Mbombela aangebied is.
Lisabelle Beukes van die Eunice Primary School, Danielle Joubert van die Hoër Meisieskool Oranje en Hanru Krause van Grey-kollege (sekondêr) het al drie goud in hul ouderdomsgroepe verower.
Dit was vanjaar die derde agtereenvolgende jaar waarop Danielle die nasionale span haal.
Sy en Ezeth Esterhuizen (ook ’n leerling van Oranje) het albei in 2022 podiumplekke vir Suid-Afrika behaal.
Boonop het die o.13-meisies Chani Britz (Oranje) en Munay Uys (Oranje) in Mbombela die podium met Lisabelle gedeel om al drie plekke in dié ouderdomsgroep in te neem.
Hier is die uitblinkers in Mbombela, waarvan almal in die nasionale span ingesluit is wat van 10 tot 21 Augustus aan die wêreldkampioenskap in Bath, Engeland, deelneem:) o.11 meisies
Z’ey Piechaczek (silwer, Oranje);) o.11 seuns
Wian Wagenaar (4de, Grey) en Waldo Bosch (5de, Grey);) o.13 meisies was die uitblinkers met die Vrystaters wat al die podiumposisies ingeneem het.
Lisabelle Beukes (goud, Eunice), Chani Britz (silwer, Oranje), Munay Uys (brons, Oranje) en Minke Ferreira (7de, Eunice);) o.13 seuns
Reynhardt van Zyl (4de, Grey) en Marnu Uys (8de, Grey);) o.15 meisies
Mika-Leigh Strydom (silwer, Eunice), Rouve Janse van Rensburg (7de, Oranje) en Camilyn Parkin (9de, Eunice);) o.15 seuns
Reynaldo Uys (6de, Grey) en Marko Bosch (7de, Grey)) o.17 meisies
Ezeth Esterhuizen (brons, Oranje);) o.19 meisies
Danielle Joubert (goud, Oranje);) o.19 seuns
Hanru Krause (goud, Grey); en) Meesters 40 jaar en ouer
Leana Esterhuizen (brons).