Skoliere kan hierrdie prentjie inkleur. Lees hierby hoe om in te skryf om die kans te staan om ‘n familie-paket Bloemskou-kaartjies te wen.


Agt toegangskaartjies vir vanjaar se Bloemskou is op die spel vir kinders wat aan ’n prettige inkleur-kompetisie deelneem.

Bloemskou van 25 April tot 4 Mei bring vanjaar weer groot pret vir oud en jonk, met die tema “Around the World”.

Kry vandag ‘n Bloemnuus en laat die inkleur begin.

Twee laerskoolleerlinge staan elk die kans om ’n gesinspakket van vier kaartjies vir een dag by Bloemskou te wen – dus gratis toegang vir een hele dag.

Leerlinge van gr. 1 tot gr. 3 kan almal die inkleurprent van Bloemskou en BloemNuus op hierdie blad inkleur. Een kind se prent sal aan hom of haar en sy of haar gesin vier toegangskaartjies besorg.

Leerlinge van gr. 4 tot gr. 7 kan ook die prent inkleur. Die ouer kinders neem in ’n afsonderlike afdeling deel waarin daar ook vier toegangskaartjies op die spel is.

  • Maak só: Wanneer die prent klaar ingekleur is en al die inligting onderaan die prent ingevul is, neem ’n foto van die prent en stuur die foto per WhatsApp na 083-560-9184.

’n Wenner sal in die afdeling vir jonger deelnemers (gr. 1 tot gr. 3), asook in die een vir ouer deelnemers (gr. 4 tot gr. 7) gekies word, en elke wenner sal sy vier kaartjies kan gebruik om die gesin ’n dag lank toegang na Bloemskou 2024 te gee.

Die twee wenners se ouers kan die wen-kaartjies by Bloemskou se kantoor afhaal voordat Bloemskou op 25 April begin.

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die kompetisie is Vrydag 19 April om 12:00, en die wenner sal per WhatsApp-boodskap ingelig word.

Die wenner se naam en prent sal ook op BloemNuus se Facebook-blad geplaas word.

You need to be Logged In to leave a comment.