Judokas slyp hul tande vir gevegte in Oos-Afrika

Twee inwoners van Ons Kinderhuis is deel van ’n span van 18 judokas judukas wat van 2 Desember af aan die Streek 5- Junior Judo-kampioenskap in Malawi gaan deelneem.


Twee inwoners van Ons Kinderhuis is deel van ’n span van 18 judokas judukas wat van 2 Desember af aan die Streek 5- Junior Judo-kampioenskap in Malawi gaan deelneem.

Marinda Venter (18) en Willemien Olifant (17) is nou twee van slegs vier judokas judukas van Ons Kinderhuis wat oor die jare in ’n Protea-span ingesluit is.

Hul afrigter, Deirdré Schroeder, sê sy glo altwee die meisies kan goed doen in die kompetisie, as die opwinding van die buitelandse reis nie hul konsentrasie beïnvloed nie.

Marinda (oranje belt) neem in die o.52 kg-afdeling deel, en Willemien (ook oranje belt) sal in die o.44 kg-afdeling deelneem.

Die twee is vir die span gekies nadat hulle vroeër vanjaar aan die nasionale proewe in Pretoria gaan deelneem het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.