Pistachio-gemarineerde gemsboksteak.Foto: Verskaf


Die De Oude Kraal-landgoed se gewilde WildsKOSfees vind vanjaar op 10 Junie plaas.

Om almal in die stemming vir dié spesiale winterfees te kry, gaan Bloemnuus ’n paar van kos-ghoeroe van De Oude Kraal, Marie Lombard, se resepte met lesers deel.

Almal wat al by die WildsKOSfees was, weet dit verg enorme voorbereiding om al die wildsvleis wat onder meer springbok, rooibok, krokodil, gemsbok, eland, vlakvark, koedoe, volstruis, blesbok, takbok en bosbok insluit, gereed te kry.

Terwyl Marie en haar span die voorbereidings doen, kan lesers tuis ook ’n paar van die resepte uitprobeer.

Hier is Marie se resep vir ’n pistachio-gemarineerde gemsboksteak:

Begin deur jou marinade te maak van:

500 ml room

500 ml olie

2 teelepels knoffel

25 ml Worcestershiresous

25 ml tamatiesous

25 ml braai speserye

10 ml soja

5 ml swartpeper

5 ml roosmaryn

Marineer die steak in sous vir drie dae in die yskas.

Haal die steak uit die marinade en rol die steak in ’n pistachio-krummel gemaak van:

500 g fyn pistachio

20 ml sout

100 ml gedroogde pietersielie

10 ml gedroogde uiepoeier

2 ml witpeper

Braai die steak in nou botter tot gaar

Kaartjies vir die WildsKOSfees kos R595 of R1 000 vir die BBP-kaartjies wat feesgangers toegang gee tot die gourmet-saal. Kaartjies vir kinders 6 tot 12 jaar oud kos R150 en kinders 13 tot 17 jar oud is R250.

Die kaartjies is beskikbaar by Crazy Daisy Fleurdal, Dayisy & Co by Prellerplein, Delta Express in Westdene en by De Oude Kraal by 051-560-0733.

You need to be Logged In to leave a comment.