Jeannette Vorster, een van die flukse vrywilligers in die gourmet-saal op verlede jaar se WildsKofees.Foto: Lientjie Mentz


Liefhebbers van kos en wyn kan vroeg­tydig hul kaartjies vir vanjaar se WildsKOSfees op die De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein kry.

Dié fees, waarop liplekker wildskos­geregte, asook hoender, bees, vark en lam, oor die kole voorberei gaan word, vind op 10 Junie plaas.

Die gourmet-saal sal weer ’n gewilde bymekaarkomplek wees.

Gerhard Lombard van De Oude Kraal sê 22 wynplase sal verteenwoordig word.

Die fees begin om 10:00 en sal tot 16:00 duur.

Kaartjies kos R595 en daar is 100 kaartjies teen R1 000 vir die gourmet-saal.

Kaartjies is te koop by Crazy Daisy in die Fleurdal Mall, Daisy & Co by Prellerplein of skakel 051-564-0733.

You need to be Logged In to leave a comment.