Staan ‘n kans om twee toegangskaartjies vir Bloemfontein se Karnaval-Bloemskou te wen.
Bloemskou vier vanjaar sy 142ste bestaansjaar.
Oor die nege dae van Vrydag 25 April tot Saterdag 3 Mei sal daar alles van musiek en kuns tot ‘n wye verskeidenheid uitstallings, die pretpark en vermaak in oorvloed wees.
Vir kinders van ses tot 14 jaar oud is daar ‘n ekstra kans om kaartjies vir een dag by Bloemskou te wen.
Al wat hierdie lesers hoef te doen, is om ‘n Karnavalmasker te maak met ‘n BloemNuus-koerant.
Maak seker dat BloemNuus se mashoof voor op die koerant duidelik iewers sigbaar op die masker is.
Neem ‘n selfie of laat Ma of Pa ‘n foto neem en plaas die foto, saam met die kind se naam en ouderdom, op BloemNuus se Facebook-blad by die inskrywing “Bloemskoukarnavalmaskerkompetisie.”
Die kompetisie-inskrywings sluit net ná die Paasnaweek op Dinsdag 22 April, en die wenner sal op die BloemNuus Facebook-blad aangekondig word.
Kry jou gedrukte BloemNuus voor almal opgeraap is en begin klip!
Besoek die webwerf bloemskou.co.za vir die volledige program en toegangpryse.