Kaartjieverkope vir die Springbok-rugbyspan se geskiedkundige toets teen Portugal op 1 Julie in Bloemfontein begin Vrydag.
Die laaste in die Castle Lager-reeks se tuiswedstryde teen Ierland en Portugal word op 20 Julie in Bloemfontein gespeel.
Voor dié wedstryd word twee toetse gespeel – op 6 Julie in Pretoria en op 13 Julie in Durban, teen Ierland.
Die wenners van twee agtereenvolgende Wêreldbeker-rugbytoernooie (in Japan en weer in Frankryk) gaan beslis wil vergoed vir die terugslag in 2022, toe die Springbokke met 12 – 13 teen Wallis in Bloemfontein verloor het.
Die Bokke sal goeie kompetisie van Portugal verwag. Dié span het Fiji in die kwarteindronde in hul laaste afdelingswedstryd in Frankryk geklop.
Ross van Reenen, uitvoerende hoof van die Vrystaat Cheetahs, sê dit is ’n groot voorreg om die Springbokke teen Portugal in die Toyota-stadion te verwelkom.
“Die toets beloof opwindende rugby en ’n stewige hupstoot vir die plaaslike ekonomie en gasvryheidsbedryf in Bloemfontein. Ons is dankbaar vir die geleentheid wat Suid-Afrikaanse Rugby ons bied.”
Kaartjies kos tussen R350 en R450 op die oop paviljoen en R550 op die hoofpaviljoen.
Kaartjies is op Vrydag 22 Maart slegs beskikbaar by die kaartjiekantoor by die Toyota-stadion, of aanlyn op ticketpros.co.za.
Ondersteuners word gewaarsku om nie hul kaartjies op enige ander webwerwe te koop nie.