Die kabaret . . .ook maar Evaword deur Marietjie Smith aangebied. Foto: Verskaf


’n Eiesoortige kabaret genaamd . . . ook maar Eva, geskryf deur Bloemfonteiner Marietjie Smith, word vir Vrouemaand beplan.

Smith sê die kabaret gaan op bespreking opgevoer word, en belang­stellendes kan van 10 Julie af besprekings doen.

Mense kan hul huis, of ’n saal by ’n aftreeoord of ’n ander venue van hul keuse beskikbaar stel en vriende na die vertoning nooi.

“Die idee is dat ’n mens in die koue maand van Augustus tussen bekendes in ’n knus atmosfeer na die kabaret kyk. Die gasvrou kan iets te ete en te drinke aanbied,” sê Smith.

“Die Adams is ook genooi.”

Gasvroue kan self ’n datum kies.

“In . . . ook maar Evadeel ek die situasies, belewenisse en emosies van Evas oor die eeue heen. Vra ander Evas hulself ook af of die eerste Evas hulle voos bekommer het en soms tot die dood toe bedreig gevoel het? Wonder jy ook oor hul bangwees? Dalk vir Adam se manlike krag? Dalk vir God se toorn of vir ’n eensame lewe sonder ’n nageslag?”

Kaartjies kos R80. Studente en pensioentrekkers betaal R50.

Om ’n optrede te bespreek, kontak Smith deur ’n WhatsApp-boodskap na 060-924-8188, of e-pos na mariasmithp50@gmail.com, te stuur. Die datum wat ’n gasvrou kies, kan nie verander word nadat dit bespreek is nie.

Kaartjies word betaal en afgehaal by Laundry Yard in die Meditas-sentrum, Universitas, tussen 09:00 en 17:30 op weeksdae en Saterdae tussen 09:00 en 11:00.

You need to be Logged In to leave a comment.