Nadat die Universiteit van die Vrystaat (UV) se eerstejaarskamp verlede jaar weens Covid-19 afgelas is, sal nuwe studente vanjaar weer kan kampeer.
Dié kamp word van 28 tot 31 Maart deur die Kopanong-gemeenskapskerk aangebied.
Omdat verlede jaar se kamp gekanselleer is, is tweedejaarstudente ook vanjaar welkom.
Belangstellendes kan hulle op kopanongchurch.org inskryf of ’n e-pos na info@kopanongchurch.org stuur.