Kampioen wys weer sy slag op die ovaalbaan

Tydens die laaste groot ovaalbaanresies vir die jaar het Anton van Nieuwen­huizen Saterdag gewys hy is steeds koning van die baan.


Tydens die laaste groot ovaalbaanresies vir die jaar het Anton van Nieuwen­huizen Saterdag gewys hy is steeds koning van die baan.

Hy het reeds twee Suid-Afrikaanse titels agter sy naam en het vanjaar se oorwinnings in die Lexus V8-wedren afgerond met nog oorwinnings op die klub- en streekskompetisies plaaslik.

In 2014 was hy SA3-kampioen op die teerbaan in Welkom en vanjaar SA2-kampioen op die grondbaan op die Schoemanspark-ovaalbaan.

Hy is ook vanjaar se Dirt Cup-kampioen in die Lexus V8-klas wat op 2 en 3 Junie vanjaar op onderskeidelik die Bloem-ovaalbaan en Schoemanspark plaasgevind het.

In die Motorsport Suid-Afrika-kompetisie (MSA) op Schoemanspark – asook die klubkampioenskap in die Dirt Oval for South Africa-kompetisie (Do4sa) op die Bloem-ovaalbaan – was hy in sy afdeling eerste.

Hy was die MSA-streekskampioen op Schoemanspark en toe ook die Do4sa-kampioen in die streekkompetisie op die Bloemfontein-ovaalbaan.

Hy ry vir die Schoemanspark-klub.

You need to be Logged In to leave a comment.