Iemand gaan op 12 November ’n splinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus wen. Die geleentheid om skenkings te doen om in aanmerking vir hierdie groot prys te kom, sluit op 30 September.Foto: Lientjie Mentz


Die wenner van Engo se Projek van Hoop, wat ’n splinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus ontvang, word op ’n spesiale geleentheid op 12 November in Bloemfontein aangekondig.

Arco Musica, in samewerking met Kundendienst Bloemfontein, bied die vertoning Arco Shifting Gears ten bate van Engo se Kinder- en Jeugsorgsentrums by Kundendienst in Harveystraat in die stad aan.

Tydens hierdie unieke geleentheid gaan sangers Cèzanne Yzelle en Arend Brink jr. en die musikante van Arco Musica onder leiding van Debbie Brink ’n besonderse program aanbied.

Die meeste liedjies is gekies juis om in te pas by die tema – wat sigbaar gemaak sal word deurdat eksotiese motors in die werkswinkel waar die geselligheid plaasvind, uitgestal gaan word.

Van die motors is enig in hul soort en verskeie versamelaars gaan aan die uitstalling deelneem.

Een gelukkige wenner sal dié aand die Suzuki S-Presso GL Plus, ter waarde van R165 000, wen.

Donasies vir die kompetisie omOm in aanmerking vir die prys te kom, kan skenkings vir die kompetisie nog tot 30 September aanlyn gedoen word.

Besoek engo.co.za om ’n skenking van R30 te maak.

Geld wat met Projek van Hoop ingesamel word, gaan vir Engo se projekte oor die Vrystaat heen.

Dit sluit dié welsynsorganisasie se 33 kinder- en jeugsorgsentrums waar 881 kinders heeltyds versorg word, in.

Kaartjies vir die vertoning kos R200 óf R320, waarmee ’n ligte ete bedien sal word, en dit is op quicket.co.za beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.