’n Jong karateka van die Shotokan-karate-akademie in Bloemfontein neem hierdie week aan die Wêreld-Shotokan-karatefederasie se o.12-werksessies en -kompetisie in Kroasië deel.
Sensei Quentin Rourke (sesde dan) sê Robert Rijkheer het sowat drie jaar gelede lesse in karate begin neem.
“Hy het sommer baie talent, en hy oefen regtig hard,” sê Rourke.
Hy sê Robert, ’n gr. 4-leerling aan Grey-kollege (primêr), het verlede jaar aan vyf toernooie deelgeneem en uitstekend gevaar.
Op die Arnold Classic-byeenkoms op 4 Junie in Johannesburg het Robert ’n silwermedalje in die ouderdomsgroep vir deelnemers tien tot 11 jaar behaal.