Studente van die Shotokan Karate Academy (SKA), asook sensei Quentin Rourke, gaan in November aan die World Shotokan Karate Federation-kampioenskapsbyeenkoms in Japan deelneem.
Om geld in te samel vir die koste van hul deelname, bied SKA op 22 April ’n prettige kleurwedloop by Jumpers Lane aan.
Die 5 km-pretloop gaan ’n avontuur vir die hele gesin bied, met verskeie stalletjies en vermaak op die roete.
Deelnemers aan die wedloop sal in drie groepe verdeel word. Die eerste groep spring weg om 07:00, die tweede om 11:00 en die laaste om 15:00.
Inskryfgeld is R150, R100 vir kinders, R400 per gesin van vier en R1 000 vir ’n korporatiewe span van tien.
Skryf in deur Ananda Conrade by 084-494-7788 te bel.