Die heel eerste gekombineerde motorkaskenades en ysbeerswem by Bloemfontein vind op Saterdag 6 Augustus in die Modderrivier by Doringbos naby die Krugersdriftdam plaas.
Felix Burry, bekend vir die Ysbeerswem wat hy elke jaar naby Aldam aanbied, sê dit gaan ’n dag van pret vir die hele gesin wees.
Dit sluit versnelwedrenne, parkeerkompetisies en bestuursvaardighede in, asook ’n ware ysbeerswemgeleentheid om 14:00 in die Modderrivier. Verversings, braaipakke en uitstallings sal ook beskikbaar wees.
Toegang is R100 per voertuig, R250 per bestuurder wat aan die motorkaskenades deelneem, en R75 per swemmer.
Rig navrae aan Burry by 082-851-4584 of skakel 066-118-7957 vir die motorkompetisies.