“Dit is jou demokratiese reg om ordentlik gebraaide kos te eet”.
Só sê Jan Braai in die nuwe uitgawe van sy boek Die Demokratiese Republiek van Braai wat nou beskikbaar is.
Die boek het resepte vir bees, hoender, skaap, vis en lekker smaaklike bykos.
Jan gebruik bekende, maklike verkrygbare bestanddele en sit die resepte duidelik en in logiese stappe uiteen.
In Suider-Afrika en veral in Namibië is daar ’n vreemde, maar algemene gewoonte om rooiwyn en Coke te meng en te drink. Jy noem dit ’n katemba.
Jan Braai sê dat hoewel dit vir mense na ’n vreemde kombinasie klink, dit baie lekker kan werk in ’n potjie met die vleis waarvoor Namibië bekend is – bees.
Hier is Jan Braai se lekker resep vir ’n Katemba-potjie wat op die kole gemaak word. Die resep kom uit Die Demokratiese Republiek van Braai:
Jy benodig:
- 1 sopie olyfolie
- 1,5 kg ontbeende dikribskyf
-
2 uie (opgekap)
-
2 huisies knoffel (opgekap)
-
1 sopie paprika
-
1 teelepel brandrissiepoeier
-
1 teelepel sout
-
1 teelepel swartpeper
-
2 tamaties (opgekap)
-
1 sopie tamatiepasta
-
1 koppie Coke
-
1 koppie rooiwyn
-
vars brood (om bredie te bedien)
-
suurroom (opsioneel, om mee te bedien – een koppie is genoeg)
-
varsgekapte kruie (vir garnering – basiliekruid, peitersielie, roketblare of koljander)Maak nou so:
-
Verhit die olie in ’n potjie en braai die helfte van die vleis vir ’n minuut of twee net om die vleis te seël. Haal die vleis uit die potjie en herhaal die proses met die res van die vleis. Wanneer die tweede sarsie ’n minuut of twee gebraai is, kan jy al die vleis in ’n bak of bord sit en dit bedek.
-
Roerbraai die uie in die potjie vir omtrent 4 minute totdat dit sag raak en gooi dan die knoffel by. Uie neem langer as knoffel, so braai altyd eers die uie voordat jy die knoffel bygooi.
-
Voeg al die geseëlde beesvleisblokkies wat gerus het, by. Voeg ook die paprika, brandrissiepoeier, sout en peper by. Roer alles deur.
-
Gooi nou die tamaties, tamatiepasta, Coke en rooiwyn by en roer dat hulle lekker meng. Sit die deksel op, kry dit aan die kook en laat dan prut oor lae hitte. Jy wil hê die pot moet net rustig prut.
-
Die ideaal is om die pot vir ’n uur lank rustig te laat borrel, dan haal jy die deksel af en laat verder prut tot jy tevrede is dat die sous dik genoeg is.Dit kan solank as 30 minute neem, maar dalk korter. As jy haastig is, gee die pot meer hitte sodat die bredie vinniger borrel dat die vloeistof vinniger wegkook.
-
Sodra jy tevrede is met die sous, haal die pot van die vuur af en laat dit vir ’n paar minute staan.
Bedien met vars brood wat op die vuur gerooster is met lepels suurroom.
Jy kan ook garneer met die vars kruie.
Jan Braai Die Demokratiese Republiek van Braai word uitgegee deur Human & Rousseau.