Onverskillige of dronk motoriste rig veral naweke groot skade aan wanneer hulle die pad byster raak en pale, sypaadjies, padtekens en verkeersligte tref. Dié sirkel by die Laerskool Willem Postma lyk weer hierdie week soos ’n oorlogsone nadat iemand die naweek die padtekens, sementballe en paaltjies daar omgery het. Florein de Winnaar van die Noordelike Buurtwagvereniging (NNWA), wat die sirkel onderhou, sê dit gebeur byna elke naweek dat motoriste in Albrechtstraat jaag en op die sirkel beland. Sy sê dit kos die vereniging elke keer geld om die skade te herstel. Sy sê die skade wat die naweek aangerig is, sal ongeveer R8 000 neem om te herstel. De Winnaar sê die padteken wat begin Augustus opgerig is, het R2 140 gekos. Sy sê die NNWA is regtig moedeloos daaroor dat die sementballe en paaltjies wat oor naweke platgery word elke keer weer op hul plek gesit moet word.Foto: Lientjie Mentz