’n Leeftyd se gebeure het die afgelope vyf jaar afgespeel: droogtes, vloede, grootskaalse betogings, ’n pandemie en oorlog. Die Zondo-kommissie het ook sy verslag gelewer en die eerste inhegtenisnemings in die saak om staatskaping is gedoen.

Al dié gebeure het ’n direkte invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie en dus beleggings en swaarverdiende aftree-spaargeld. Beleggers kan met reg wonder of daar êrens in die toekoms ’n silwer randjie is.

Vir die eerste keer ná twee jaar se improvisasie sal Jenwil BlouSter sy Welvaartseminaar in ’n dubbel-formaat aanbied: via Zoom en in persoon in Potchefstroom en Bloemfontein.

Die direkteure van Jenwil – Jean van Biljon, Rothea van Biljon en Jaco Fouché – sê hulle is in die besonder opgewonde om die seminaar aan te bied met meningsvormers wat oor die politieke en ekonomiese landskap van Suid-Afrika praat.

Prof. Theo Venter, politieke ontleder, en prof. Waldo Krugell, ekonoom, is die hoofsprekers op die geleentheid.

Rocco Carr, van Glacier van Sanlam, sal hom by hulle aansluit, saam met ’n paneel bestaande uit Marthinus van der Nest van Amplify Investment Partners, Edo Brasecke van Methodical Investment Management en Wayne Kruger van Sanlam Private Wealth.

Die aand word aangebied ten bate van Swatika, ’n organisasie wat hom vir die bekamping van renosterstroping beywer. Bywoning kos R250, of R2 000 per tafel. ’n Artikel 18-sertifikaat sal vir belastingdoeleindes uitgereik word. Die geselligheid sluit ’n ete en gratis wyn in. Maatskappye mag bemarkingsmateriaal op hul tafel plaas.

“Jenwil wil Bloemfonteiners help om meer ingeligte besluite rondom die toekoms van hul beleggings te neem,” sê Rothea.

“Moenie Jenwil BlouSter se tiende Welvaartkongres misloop nie.”

Dit word op 8 September om 18:00 op die Summerwood-landgoed aangebied. Registreer by 051-4470463, of stuur e-pos met die belangstellende se besonderhede na office@jenwil.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.