Sakeslim 2023 bied die perfekte geleentheid om te leer oor wat die ekonomie inhou. Dié kongres vind op Donderdag 14 September by die Lettie Fouché-skool se lapa plaas.
Jenwil BlouSter bied dit aan om die insigte te verkry van twee vooraanstaande sprekers wat in diepte sal oorweeg in watter rigting Suid-Afrika en die res van die wêreld ná 2023 mik. Sakeslim word in samewerking met Lettie Fouché aangebied, en word deur Glacier van Sanlam, Obsidian Capital, Amplify Investment Partners en die Deetlefs-wynlandgoed ondersteun.
Een van die sprekers is bekende scenario-beplanner en toekomskundige Clem Sunter. Hy sal lig werp op die belangrikste faktore wat Suid-Afrika en die internasionale toneel kan beïnvloed in die jare wat voorlê. Hy bied ’n ryke insig en scenario’s.
Die tweede spreker is prof. Theo Venter. Die tema wat hy bespreek is “of ons die veiligheidsgordels stywer moet trek op pad na 2024?” Venter is bekend vir sy diepgaande insig in politiek en sosiale dinamika en sal die huidige stand van Suid-Afrika ontleed, en of daar aanpassing gedoen moet word om die uitdagings en geleenthede van die naderende verkiesing te trotseer.
Bespreek plek deur die Lettie Fouché-skool by 051-436-7770 te bel, of stuur ’n e-pos na admin@lfskool.co.za.
Kaartjies kos R300, of R3 000 per tafel. Verversings en wyn word bedien. Besighede wat ’n tafel bespreek, kan ’n belastingsertifikaat ontvang.
Vir dié wat nie die kongres in Bloemfontein kan bywoon nie, sal ’n Zoom-skakel beskikbaar wees.