Gaan koop spesiale Kersgeskenke en trakteer jouself op Saterdag (03/12) se Franse Kersmark by Villa Avianto.
Die Desember-mark duur van 10:00 tot 20:00, so daar is heeldag tyd om inkopies te doen, te sit en kuier en te smul aan lekker kos en eetgoed op die mark. Toegang is R30, R10 (kinders gr. 1 tot 7) en gratis vir kinders onder as 6 jaar.