Deelnemers kan vir die nuutste fotokompetisie van Vriende van Franklin deelneem in ’n wye verskeidenheid afdelings en die foto’s in enige groen ruimte in Bloemfontein afneem. Foto: Lientjie Mentz


Inskrywings vir Vriende van Franklin se jaarlikse fotokompetisie open vandag (01/12).

Dit is vanjaar die derde keer dat dié bewaringsorganisasie ’n fotokompetisie aanbied om geld vir die bewaring en verbetering van Naval Hill se Franklin-natuurreservaat in te samel.

Vanjaar gaan geld gebruik word vir die skep van ’n permanente watergat en die oprigting van ’n voëlkykskerm in die reservaat.

Die afdelings verskil van vorige jare se kompetisie wat slegs op Naval Hill se natuurlewe gefokus het.

Vir volgende jaar se kompetisie kan die publiek foto’s vir al die af- –delings in enige van Bloemfontein se openbare groen ruimtes afneem, wat Naval Hill insluit. Die kompetisie is vir professionele en amateurfotograwe – en kameras of selfone kan gebruik word.

Die afdelings is:

1. Wildlewe (nie voëls);

2. Voëls

3. Plante – bome, blomme, enige plante;

4. Landskap

5. Gemeenskapsaktiwiteite – hardloop, kinders wat speel, fietsry ens.

  • Lesers kan soveel keer inskryf soos hulle verkies en betaal R50 per foto. Inskrywing sluit 30 April om 11:00. Skryf in deur ’n e-pos na friendsoffranklin.bfn@­gmail.com te stuur, of rig navrae aan Andri Grobbelaar by 083-542-6556. Die kompetisie word aangebied in samewerking met Bloemnuus en die wenners sal in Bloemnuus verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.