Inskrywing vir Vriende van Franklin se jaarlikse fotokompetisie sluit op 30 April. Daar is dus nog heelwat tyd om foto’s te neem en aan die kompetisie deel te neem.
Dit is vanjaar die derde keer dat dié bewaringsorganisasie ’n fotokompetisie aanbied om geld vir die bewaring en verbetering van Naval Hill se Franklin-natuurreservaat in te samel.
Vanjaar gaan geld gebruik word vir die skep van ’n permanente watergat en die oprigting van ’n voëlkykskerm in die reservaat.
Vir vanjaar se kompetisie kan die publiek anders as voorheen, toe dit tot Naval Hill beperk is, foto’s in enige van Bloemfontein se openbare groen ruimtes neem, wat insluit: Naval Hill, die Sewe Damme-bewarea, die Brandkop-bewarea en die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin.
Die kompetisie is vir professionele en amateurfotograwe. Kameras of selfone kan gebruik word.
Die afdelings is:
- wild (nie voëls);
- voëls;
- plante – bome, blomme, enige plante;
- landskap;
- gemeenskapsaktiwiteite – hardloop, kinders wat speel, fietsry, en so meer.
Deelnemers kan soveel keer inskryf soos hulle verkies en betaal R50 per foto. Inskrywing sluit op 30 April om 11:00. Stuur inskrywings na friendsoffranklin.bfn@gmail.com, of rig navrae aan Andri Grobbelaar by 083-542-6556.
- Die kompetisie word in samewerking met Bloemnuus aangebied, en die wenfoto’s salgeplaas word.