Oudisies vir die Bloemfontein-kinderkoor (BCC) vind weer Saterdag, 29 Oktober, plaas.
Kinders van ouderdomme 9 tot 16 jaar kan die oudisie aflê om deel van dié koor te word.
Die koor is meer as 35 jaar gelede gestig en het al talle nasionale en internasionale optredes gehad.
Werner Stander is in 2020 aangestel as musiekdirekteur.
Sedertdien het die koor reeds vyf musiekvideo’s vervaardig.
Nog hoogtepunte sedert Stander se oorname is die nuwe uniform van die koor wat bekendgestel is en die harde werk om die koor met leerlinge van verskillende skole as eenheid saam te bind.
Hoogtepunte op vanjaar se program is ’n Europese toer na België, Frankryk en Duitsland met ’n spesiale optrede op Euro Disney, ’n plaaslike optrede en ’n program wat die 35 jaar van uitmuntendheid gevier het.
Reël ’n oudisie by Stander deur hom by 084-512-4241 te bel, of kontak Maryna de Wit by 082-874-4284.